10 jaar van SELFMEDIKASIE!
Dit is tyd om 10 jaar van Selfmedikasie te vier — die bekroonde album wat onder andere ons grootste hit, “Komma”, bevat.
Verwag ’n monster van ’n setlist met 20 songs, waarvan baie vanaf Selfmedikasie gaan wees.
Selfmedikasie is vir ons ’n baie spesiale album, want die maak daarvan was ’n spanpoging. Ons het die songs geskryf, maar julle het gehelp om die album moontlik te maak. Meer as R1 miljoen was ingesamel om die album op te neem.
Die show gaan ’n nostalgiese reis terug wees na ’n pre-COVID tyd. ’n Tyd toe Fokof vir nege jaar geen EP of album uitgereik het nie. ’n Tyd toe julle gehelp het om Fokof uit die stilte te ruk en weer die studio in te vaar om ’n meesterstuk te maak.
Moet dit nie mis nie!
Tickets:
Early bird: R180 (LIMITED)
General admission: R300
At the door: R350 (There will be no tickets available at the door should the event sell out online)
Railways Cafe Irene open from 10am
2 Hack Rd, Irene, Centurion
Card Only venue
Good Vibes Only
No u/18’s
ROAR
No illegal substances or weapons
Kindly note: this is a standing show in the theatre
Please note that Railways Café is strictly 18+ from 7 p.m

Fokofpolisiekar: 10 jaar van SELFMEDIKASIE!
Railways Cafe Irene, Pretoria


